#WAKKER

Oorvertaal vanaf die BSMART program, wat deur TeensNot4Sale saamgestel is.

Vertaling deur The Joseph Movement NPC, met samewerking met Small Voice Human Trafficking NPC.

Wiele (enige vervoer wat gebruik kan word in ontvoerings)

Daar was al gevalle waar ‘n bestuurder (van ‘n taxi, bus of uber) ‘n handelaar is of werk vir handelaars. Hulle kan jou na afgeleë plekke vervoer, of jou inligting (oor waar jy opgetel of afgelaai word) aan iemand gee.

Aanlyn (veiligheid op selfone en rekenaar)

Handelaars is gedurig op die Internet besig om te soek vir maklike slagoffers. Hulle begin met jou gesels onder ‘n valse identiteit, bou ‘n verhouding en kry jou vertroue. Hulle maak seker hulle kry jou om hulle te vertrou sodat hulle jou kan lei in ‘n lokval in, een waar hulle jou kan gebruik of verkoop.

K – Kerel (liefde, geskenkies, omkoop ens)

Iemand wat aantreklik is; of dalk ouer is; of dalk populêr is; iemand wat dalk baie aandag aan jou gee en maak of hulle in jou belangstel. Hulle maak jou hulle hele lewe (gee vir jou baie aandag, liefde en omgee). Jy is smoorverlief en sal enigiets doen om hulle te behou. Wees WAKKER – dit kan iemand wees wat maak of hulle lief is vir jou net om jou te kry om hulle te vertrou, of enigiets te doen wat hulle vra. Dit kan ‘n handelaar wees wat jou in sy / haar kloue wil kry, sodat hulle jou kan verkoop of gebruik.

K – Kuier (enige plek waar jy kuier – iemand anders se huis, winkel sentrum)

Moenie vreemdelinge vertrou by plekke soos ‘n winkel of partytjie nie. Hulle kan handelaars wees wat jou probeer vang, deur te maak asof hulle van jou hou en dan na ‘n afgeleë plek lok om jou dan te ontvoer.

E – Enige Iemand (enige iemand kan gevaarlik wees – vriendelike tannies ook)

Enigiemand kan ‘n handelaar wees of vir een werk. Handelaars gebruik mense wat jy sal vertrou om jou te ‘truuk’. Byvoorbeeld: ‘n Vriendelike tannie; Leier in jou gemeenskap; Buurman wat altyd lekkers gee; die pastoor by die kerk; ‘n onderwyser by die skool; en by tye ander kinders en selfs ouers / voogde.

R – Rykdom & Roem

Iemand kan vir jou vertel dat jy vining kan geld maak; of ‘n model kan word wat baie bekend kan raak; of ‘n sokker-ster wees wat wêreldwyd speel. Hulle kan vir jou vertel dat jy oorsee kan gaan werk of studeer. Die oomblik wat iets te goed is om waar te wees, is dit 99% van die tyd ‘n lokval. Veral as iemand sê dit gaan jou min / niks kos nie. Hulle probeer jou kry om êrens saam met hulle te gaan.